ADVERTISEMENT:

 

Vrydag het die bekende gospel sanger en liedjieskrywer, Louis Brittz (regs), opgetree by die AGS Charisma as deel van hul eeufeesvieringe. Afgeneem saam met Louis is die pastoorspaar van die kerk, Leonie Meyfarth en haar man Duncan. 

AGS vier 100 jaar in styl

 

‘n Feestelike atmosfeer het die naweek geheers by die AGS Charisma in Louis Trichardt met die viering van hul 100ste bestaansjaar.

Die feesvieringe het Vrydag afgeskop met ‘n spesiale konsert waartydens die Christelike liedjieskrywer en -sanger Louis Brittz en sy orkes opgetree het.

Sondag was daar ‘n spesiale kerkdiens waartydens die voormalige president van die AGS van SA, dr. Isak Burger, gepreek het. Ná afloop van die diens het die AGS se huidige pastoorspaar, Leonie Meyfarth en haar man Duncan, ‘n eeufees gedenkplaat onthul wat op die kerk se perseel aangebring is.

Die geskiedenis van die AGS Charisma begin by dié van die AGS in Suid-Afrika, wat uit die bediening van die Amerikaner John G. Lake voortgevloei het. Hy het op 14 Mei 1908 in Suid-Afrika aangekom en sy eerste dienste was in Doornfontein, Johannesburg, gehou. In 1914 het die AGS (Apostoliese Geloofsending) ‘n konferensie gehou in Louis Trichardt en weer in 1917. Daarna het die AGS van SA ‘n bedieningspunt in Louis Trichardt geword.

News - Date: 16 June 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Die huidige pastoorspaar van die AGS Charisma in Louis Trichardt, Leonie en haar man Duncan Meyfarth (regs) , afgeneem by die spesiale gedenksteen saam met 'n voormalige pastoorspaar van die gemeente, Ricus Maree en sy vrou Marietjie (links). Foto verskaf.

Vrydag het die bekende Gospelsanger en liedjieskrywer Louis Brittz saam met sy orkes opgetree by die AGS Charisma as deel van hulle eeufeesvieringe.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: