ADVERTISEMENT:

 

Kort voor die amptelike wegspring is Team TGG in hul uitrustings, besig om 'n strategie uit te werk vir die Wakati Challenge. Van links na regs is Freddie, Jan en Oostewald.

Twee dwergies en reus vorder fluks

 

Team TGG, of die reus van Louis Trichardt en die twee dwergies, beleef die avontuur van ‘n leeftyd.

Twee plaaslike inwoners en jarelange vriende, Freddie de Swardt (die reus van span Two Gnomes and a Giant) en Jan du Plessis, en hul derde spanmaat, Oostewald van Niekerk van Pretoria, is tans nog besig met die Wakati Challenge.

Die drie van hulle het op 1 Desember in die Kaap aangekom saam met ‘n aantal ander internasionale groepe avonturiers wat deel vorm van die unieke kompetisie.  Dit het hulle ‘n dag of twee gevat om uit die wegspringblokke te kom, maar teen Maandag was Team TGG al in Malawi.  

Wat hierdie kompetisie besonders maak, is dat spanne elke dag soveel kilometers as moontlik moet aflê, met soveel verskillende vorms van openbare vervoermiddele as wat hulle kan. Hoe doeltreffender en goedkoper, hoe beter vir elke span se punte wat hulle kan bymekaar maak. Elke span het ‘n beperkte begroting om die eindbestemming te haal. Die wenspan staan die kans om weg te stap met US$15 000.

Die eindbestemming is Zanzibar. Team TGG sê as als volgens plan verloop, sal hulle dit binne die afsnytyd van 15 dae maak.

In die Kaap moes die reus-en-dwergie-span inderhaas ‘n strategie aanmekaarflans. Vooraf is daar bitter min van die reëls bekendgemaak en was Freddie-hulle eintlik baie ontspanne. Hulle aanvanklike strategie was om maar elke dag te pak soos wat dit kom.

Dit is nog losweg die manne se strategie, maar intussen het hulle slim gebruik gemaak van tegnologie. Ingevolge die reëls is dit nie noodwendig die span wat die meeste kilometers in die kortste tyd aflê wat sal wen nie. Instede moet die spanne soveel punte bymekaarmaak as wat hulle kan.

Spanne kan onder meer punte verdien deur by die verskillende lande wat hulle deurkruis se voorafbepaalde besoekpunte in te klok en daaglikse uitdagings per e-pos te voltooi. Daar word ook punte uitgedeel vir die spanne se kreatiewe gebruik van sosiale media om bewustheid te kweek aangaande hul deelname aan die uitdaging.

“Die ondersteuning wat ons ontvang van Louis Trichardt is oorweldigend!” het die span Maandag gesê. Hulle het WhatsApp ingespan om mense tuis op hoogte te hou van hul vordering. Hierdie groepie het later baie handig te pas gekom met die daaglikse uitdagings. Veral toe die span in Botswana ingegaan het, was hul Internet toegang nie altyd so vinnig nie. Toe is daar gesteun op die mense by die huis om antwoorde te gaan naslaan en aan te stuur. Dié mini-uitdagings is gewoonlik uitgestuur in die vorm van blokkiesraaisels met die doel om deelnemers se algemene kennis te toets oor die verskillende lande wat tussen die Kaap en Zanzibar lê.

Die openbare vervoer het ook gesorg vir heelwat uitdagings. Volgens Freddie ry mens net as die bus besluit het om te ry. Daar was 'n paar keer wat hulle span geld verloor het vir vervoer op 'n bus wat hulle betaal het, net om weer vir 'n tweede bus te moes betaal, want die eerste bus het nie meer plek vir hulle gehad nie.

Diegene wat graag hulle vordering wil volg, kan nou al die Wakati 2017 Facebook-blad gaan besoek.

News - Date: 15 December 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Team TGG en hulle tuindwergie (wat saam is vir die avontuur) span uit in Malawi. Van links na regs is Oostewald, Jan en Freddie. 

Wat is lekkerder as 'n bier? 'n Yskoue bier! Team TGG op pad van Elephant Sands in Botswana na hul volgende bestemming. 

Livingstone, maak reg vir Team TGG. Van links na regs is Jan, Oostewald en Freddie. 

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: