ADVERTISEMENT:
Jan-Karel Limbach was nie net Hoërskool Eric Louw se top matrikulant nie, maar ook die 14de beste matriekpresteerder in Limpopo. Foto verskaf.
Hoërskool Eric Louw in Musina is baie trots op een van hul 2017-matrikulante wat na die bekendmaking van die provinsie se matriekuitslae aangewys is as een van die provisie se beste presteerders.
Jan-Karel Limbach het met sewe onderskeidings en 'n gemiddeld van 93% ‘n algehele 14de plek in die Limpopo Provinsie behaal. Hy het 98% in rekeningkunde, 96% in fisiese wetenskappe, 96% in lewensoriëntering, 95% in lewenswetenskappe, 91% in Engels eerste addisionele taal, 90% in wiskunde en 88% in Afrikaans huistaa behaal. “Ons is baie trots om Jan-Karel,” het die skool gesê.
Eric Louw was eweneens trots op hul tweede beste 2017-matrikulant, Kuru Vansia. Kuru het ses onderskeidings met ‘n algehele gemiddeld van 83% verwerf. Hy het daarin geslaag om 82% in Afrikaans eerste addisionele taal, 80% in wiskunde, 84% in lewensoriëntering, 89% in rekeningkunde, 87% in toegepaste rekenaartegnologie, en 89% in fisiese wetenskap te behaal.
Mede-Louwtjie Nicolene Whelan spog op haar beurt met drie onderskeidings die afgelope matriekeindeksamen. Sy het 80% in Engels eerste addisionele taal, besigheidstudies en lewensoriëntering verwerf met ‘n algehele gemiddeld van 71%.
News - Date: 12 January 2018
Search for a story:
ADVERTISEMENT
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.
Email: [email protected]
ADVERTISEMENT: