ADVERTISEMENT:

 

Die Gespikkelde Bosslang word naby en in huise aangetref, maar is onskadelik vir mense aangesien hy geen gif het nie. Baie mense maak die slang egter voor die voet dood, omdat hulle hom verwar met 'n boomslang. Foto verskaf.

Hy lyk soos 'n boomslang maar is heel onskadelik

 

Die Zoutpansberger hervat hierdie week sy gereelde kolom oor die streek se slange met ‘n kykie na die onskadelike Gespikkelde Bosslang (philothamnus semivariegatus).

Hier slang, wat ongeveer 90 cm tot 1,3 meter lank kan word, word dikwels aangesien vir ‘n boomslang en word sommer voor die voet dood gemaak. Anders as die boomslang, het hierdie vinnig-bewegende slangetjie egter ‘n plat kop en nie ‘n ronde kop soos ‘n boomslang nie.

Die Gespikkelde Bosslang het swart spikkels op die voorste derde van sy lyf en die helder groen verdof, vanaf die helfte van die lyf tot by die stert, na amper grys. Sommige slange bly egter groen regdeur die lyf.

“Hierdie slang word baie naby of in huise gekry, waar hulle jag maak op klein akkedissies en veral geitjies. Dié slange is glad nie gevaarlik vir die mens nie, maar kan ‘n paar lekker byte gee as hulle gevang word. Die slang het egter geen gif nie,” het slangkenner Jan “Slang” van Rooyen gesê.

Omdat die slange onskadelik is, kan hulle dus met rus gelaat word wanneer hulle teëgekom word. “Hulle sal jou nie pla nie. Wanneer hy dalk in die huis is, kan hy sagkens met ‘n besem of mop uit die huis gevee word. Alternatiewelik, skakel ‘n slangvanger om hom te kom verwyder,” het Van Rooyen gesê.

Inwoners is weereens versoek om nie sommer slange voor die voet dood te maak nie. “Skakel ‘n slangvanger as daar ‘n probleem slang is,” het Van Rooyen gesê. In dié verband het hy inwoners uitgenooi om vir Frikkie Venter te skakel by tel. 082 058 7601 vir die verwydering van slange, aangesien hy einde verlede jaar na Kwazulu-Natal verhuis het.

News in brief - Date: 20 January 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: