ADVERTISEMENT:

 

Tyd raak min om vir kalenderfoto-kompetisie in te skryf

 

News in brief  Date: 18 November 2023

 

Die streek se fotograwe het nog net November kans om in te skryf vir die Zoutpansberger se kalender-fotokompetisie vir 2024.

Omdat die 2024 kalender teen begin Desember reeds gedruk moet word, sal geen inskrywings vir Desember aanvaar word nie. ‘n Twaalfde wenner sal egter uit die foto’s gekies word van al die inskrywings wat deur die jaar spesiale vermelding in die koerant gekry het.

‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf kan ingestuur word. Oudergewoonte soek ons na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, van unieke landmerke en besienswaardighede tot die na­tuurlewe. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees.

‘n Prys van R600 sal vir elke maand se wenfoto betaal word. Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s (wat goeie kwaliteit selfoonfoto’s ook kan insluit) kan in hoë resolusie per e-pos ge­stuur word na [email protected], of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2024 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger gebruik word vir bemarkingsdoeleindes. Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

St Martin De Porres wins R30,000

News in brief: 20 September 2024 By Kaizer Nengovhela

The MEC for Agriculture and Rural Development, Ms Nakedi Kekana, acknowledged the role of the youth in the agricultural sector during the recent Youth and Women Entrepreneur Awards, held in Polokwane on 13 September.

Phase2 of Vondo Water Scheme gets the green light

News in brief: 20 September 2024 By Silas Nduvheni

The official launch of Phase 2 of the Vondo Regional Water Scheme was welcomed by traditional leaders and community stakeholders. The R80 million project will supply water to villages such as Murangoni, Maranzhe, Tshikunda, and Matondoni.

Tannie Dora was Sondag 103 jaar jonk

News in brief: 19 September 2024 By Andries van Zyl

Tannie Dora Cronjé van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt het met groot genade op Sondag, 15 September, haar 103de verjaarsdag gevier.

Roshini continues to be inspirational

News in brief: 13 September 2024 By Pétria de Vaal

Our own Roshini Pakkiree from Louis Trichardt has done it again! The August-September edition of I am Warrior magazine proudly showcases her on the front cover.

 

ADVERTISEMENT: