ADVERTISEMENT:

 

Dinsdagoggend was munisipale werkers, insluitend nuutverkose Makhado Burgemeester rdl. Dorcus Mboyi (in die middel, met oranje oorpak), uit in hulle getalle om die slaggate in Proteastraat te herstel. Regs staan DA-raadslid Pierre Smalle, wat al maande veg vir die herstel van die straat. Hy het gesê hy is bly om te sien belastingbetalers se geld word vir dienslewering aangewend. Foto verskaf.

Politici uit in getalle om te wys dienslewering vind plaas

News in brief - Date: 30 November 2023

 

Met die verkiesing om die draai het plaaslike politici soos die nuutverkose burgemeester van Makhado, rdl. Dorcus Mboyi, Dinsdag groot gewag gemaak van die herstelwerk in Louis Trichardt se Proteastraat.

Dié straat, soos baie ander strate in Louis Trichardt, is al vir maande bykans onrybaar, met die stadsraad wat telkens net die honderde slaggate met grond opvul. Dinsdagoggend was munisipale werkers, insluitend Mboyi selfs uitgevat in ‘n oranje oorpak, uit in groot getalle om die slaggate te herstel. Dié projek is een van vele projekte in Louis Trichardt waar strate herstel en in sommige gevalle heeltemal herbou word. Alhoewel groot dankbaarheid daarvoor bestaan, vra sommige inwoners ook waarom party strate wat weinig makeer het, herstel word, terwyl ander strate wat al totaal verbrokkel het nie aandag kry nie?

Plaaslike DA-raadslid Pierre Smalle was ook Dinsdagoggend op die toneel van die herstelwerk in Proteastraat. Sedert Maart vanjaar het hy al die stand van die dorp se strate op verskeie vlakke, ook skriftelik, met die raad opgeneem. Hy het gesê hy is bly om te sien die straat kry uiteindelik aandag, aangesien dit sekerlik een van die mees beskadigde strate in die dorp was.

“Ek is bly om te sien belastingbetalers se geld gebruik word om ons padinfrastruktuur te herstel. Ek sal egter aanhou om in kommunikasie te bly met ons burgemeester en die departement van tegniese dienste om seker te maak ons gemeenskap se behoeftes word vervul. Aan die einde van die dag moet die munisipaliteit daarna streef om deurlopend strate in stand te hou en nie te wag dat dit so verval dat dit heeltemal oorgebou moet word nie,” het Smalle gesê.

Maboyi het op haar beurt gesê die herstelwerk is bewys daarvan dat hulle verbind is tot dienslewering aan die gemeenskap.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: