ADVERTISEMENT:

 

Pietman Muller se wenfoto vir November was van ‘n perskuifloerie. Hy het die foto met sy Nikon D4 kamera met 500 mm lens geneem. Sy sluiterspoed was 1/1,000 van ‘n sekonde met lensopening van f.5.6 en ISO van 800.

Pietman en Danelle ons laaste twee wenners van die jaar

News in brief - Date: 01 December 2023

 

Pietman Muller het homself weereens bewys as ‘n uitsonderlike natuurlewefotograaf nadat hy vir ‘n vierde keer aangewys is as een van die Zoutpansberger se maandelikse kalenderfoto-kompetisie wenners, dié keer vir November.

Sy wenfoto was van ‘n perskuifloerie wat algemeen in die Soutpansberg voorkom, maar dit was die loerie se mooi kleure in die laatmiddagson wat die beoordelaars se oog gevang het. “Die son het deur ‘n opening in die plantegroei gekom en met warm laatmiddaglig op die loerie en diep donker skaduwees agter, was dit redelik maklik om die voël sommer reeds in kamera van die agtergrond te skei,” het Pietman gesê. Vir sy moeite wen Pietman R600. Baie geluk, Pietman!

Die Zoutpansberger se kalenderfoto-kompetisie het nou gesluit vir 2023, aangesien die koerant se 2024-kalender volgende week reeds gedruk moet word. Wat inskrywings vir Desember betref, is ‘n wenner uit die foto’s gekies van dié inskrywings wat deur die jaar spesiale vermelding ontvang het in die koerant. Hier het Danelle Gijsbers se foto van ‘n jong olifantkalf wat sy met haar Canon EOS 800D in die Kruger Nasionale Wildtuin geneem het, gewen. Baie geluk, Danelle, en vir jou moeite wen ook jy R600.

Oudergewoonte sal die koerant weer van die kalenders laat druk vir bemarkingsdoeleindes. Van die kalenders, wat in A3-formaat sal wees, sal ook vir die publiek te koop aangebied word teen R100 elk. Finale reëlings hieroor word tans getref en wanneer die kalenders gereed is, sal lesers daarvan ingelig word.

“Baie dankie aan almal wat die afgelope jaar ingeskryf het, en baie geluk aan al die wenners. Daar was weereens ‘n paar pragtige inskrywings gewees en die 2024-kalenders sal nogmaals iets wees om na uit te sien,” het die Zoutpansberger se Andries van Zyl gesê.

Meegaande is vanjaar se 12 weninskrywings.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: