ADVERTISEMENT:

 

Wyle Thea Kok (76). Foto verskaf.

Bekende Thea Kok oorlede ná kort siekbed

News in brief - Date: 23 August 2024

 

Die Soutpansberg het met hartseer afskeid geneem van oud-inwoner Thea Kok (Van Dyk) van Louis Trichardt wat Maandag, 19 Augustus, ná 'n kort siekbed in die Hospice vir verswakte pasiënte in Polokwane oorlede is. Sy was 76 jaar oud gewees.

Wyle Thea was 'n boorling van die Soutpansberg wat op 6 Junie 1948 op Louis Trichardt gebore is. Sy het ook hier skool gegaan en is later met haar eerste man, Hans Kok, ook hier getroud waar beide van hulle in hulle jong dae by die plaaslike spoorweë betrokke was. Thea en Hans se paaie sou egter later skei.

Thea sal veral onthou word vir haar jarelange verbintenis tot die plaaslike Edgars-tak, waar sy vir meer as 16 jaar, tot haar aftrede, werksaam was. Die liefde sou haar ook later jare weer vind toe sy met Jopie van Dyk getroud is. Ten tye van haar afsterwe was sy saam met Jopie in Polokwane woonagtig.

Wyle Thea word oorleef deur haar man Jopie, seun Jaco en kleinseun Hanco. Jaco het namens die familie sy dank uitgespreek teenoor die Soutpansberg-gemeenskap vir hulle ondersteuning en bystand in hulle tyd van hartseer. Hy het 'n spesiale woord van dank gerig aan die personeel van die Hospice in Polokwane wat die laaste paar weke so mooi na sy ma gekyk het.

’n Roudiens vir wyle Thea vind Saterdag, 24 Augustus, om 10:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika – Noordelik Pietersburg plaas. Die kerk is geleë te 86 Bulawayostraat.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: