ADVERTISEMENT:
In volle vaart seil Triegies se Jamen Schuch oor die hekkie in die kort hekkies vir seuns o.16 tydens die Carpe Diem-atletiekbyeenkoms.
Sewe skole het Saterdag, 25 Januarie, deelgeneem aan die Carpe Diem-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Louis Trichardt.
Triegies het die dag gemaklik gewen met 1 605 punte met Ridgeway College in die tweede plek en Hoërskool Eric Louw van Musina derde met 514 punte.
Die ander deelnemende skole was Noorderland, Falcon College, Girl’s College en Northern Academy.
Sport - Date: 30 January 2020