ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

RCI en Junedi XI sien mekaar in finaal van T10-liga

 

Sport  Date: 16 November 2023

 

Die semi-finale rondes van die Louis Trichardt Krieketklub se T10-liga is Saterdag, 11 November, op die Louis Trichardt Ovaal beslis om te bepaal wie eerskomende Saterdag teen mekaar in die finaal te staan gaan kom en wie vir derde en vierde plek gaan uitspeel.

In die naweek se eerste wedstryd het Junedi X1 teen die Soutpansberg Killers te staan gekom, met Junedi wat ingegaan het om eerste te kolf. Hulle kolwers kon 107 lopies op die telbord plaas vir die verlies van ses paaltjies in hulle toegelate 10 beurte, met dubbelsyferbydraes deur Dilawer Patel (14), Irfan Bhana (33), Umer Rana (10) en Naeem Patel (28 nie uit nie). Vir die Killers het bouler Dewald Joubert uitgestaan met ‘n boulontleding van drie paaltjies vir die verlies van 27 lopies in sy twee boulbeurte (3/27/2). Spanmaat Ruan van Tonder het 1/27/2 geneem.

Die Killers se kolwers het in hulle kolfbeurt dapper geveg, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Zander Vollgraaff (24), Ruan van Tonder (23), Dian van Tonder (13 nie uit nie), Ruben van der Nest (11) en Stefan Swanepoel (12 nie uit nie). Hulle het egter tekort geskiet met 11 lopies ná hulle toegelate 10 beurte, met hulle telling op 96/7. Vir Junedi het boulers Irfan Junedi 2/25/2, Iqram Kamboli 1/9/2, Umer Rana 1/12/2 en Mustak Patel 1/23/2 geneem.

In Saterdag se tweede wedstryd van die dag het RCI teen Limpopo Melkery te staan gekom. RCI het eerste gaan kolf en 102/6 in hulle 10 beurte aangeteken. Dit was te danke aan onder meer dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Nimesh Watekar (24), Ikram Patel (17), Sehzad Segwa (13 nie uit nie) en Saad Zubeir (16). Vir Limpopo het bouler Gysbert Guillaume 2/26/2, Bielie van den Berg 1/14/2, Brian Vermeulen 1/20/2 en Morne Olwage 1/26/2 geneem.

Ten spyte van Limpopo-kolwer Leon Olwage se blitsige 65 lopies van slegs 26 balle (wat vyf viere en ses sesse ingesluit het) kon slegs spanmaat Gysbert Guillaume ook dubbelsyfers (10 lopies) aanteken, en ná hulle vertrek het die res van die kolwers vasgeval. Met slegs vier paaltjies plat en met net 93 lopies op die telbord, het Limpopo se kolfbeurt geëindig, wat aan RCI ‘n nege-lopie oorwinning besorg het. Vir RCI het boulers Saad Zubeir 1/10/2, Sehzad Segwa 1/14/2, Moshin 1/15/2 en Ikram Patel 1/24/2 ingeoes.

Die afgelope naweek se wedstryde beteken nou dat Limpopo Melkery en die Soutpansberg Killers eerskomende Saterdag sal uitspeel vir derde en vierde plek. Hulle wedstryd begin om 13:45. Daarna sal RCI en Junedi teen mekaar te staan kom om te bepaal wie die algehele wenners is. Hulle wedstryd begin om 15:45. Lede van die publiek is welkom om die wedstryde op die Louis Trichardt Ovaal te kom kyk. Verversings sal op die terrein verkoop word.   

 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Get in shape for summer by supporting Isability’s PTY-Fit-To-Fly

Sport: 28 September 2024

Local sports club Isability is inviting community members to attend the PTY-Fit-to-Fly event, which will be held at Louis Trichardt High School’s Leeupark on Saturday, 5 October. “Fit-to-fly” is the name of one of Isability’s outreach projects, providing assistive devices to children with mobility impairments in Vhembe. The term “Fit-to-fly” was also aptly chosen as the brand name for the event, which aims to celebrate and promote a healthy, active lifestyle and our unique, God-given abilities.

New leaders for Thulamela LFA

Sport: 28 September 2024 By Frank Mavhungu

The Thulamela Local Football Association (LFA) is no longer under administration. New leaders were elected during the association’s elective congress, held at the Thohoyandou Indoor Sports Centre last Saturday. The association was placed under administration in December last year, following several months of internal leadership disputes.

Will Callies manage to stop Black Leopards?

Sport: 27 September 2024 By Frank Mavhungu

After defeating Orbit College FC 1-0 in their Motsepe Foundation Championship League match at Olympia Park Stadium outside Rustenburg last Sunday, Black Leopards are now determined to collect more points when they meet Pretoria Callies at Thohoyandou Stadium on Saturday afternoon.

 

ADVERTISEMENT: