ADVERTISEMENT:
Bo (van links na regs) is Andrea Badenhorst, Kailey Botes en Chrizette Odendaal. Onder is Thabang Masalesa, Wynand Benade en Unarine Netshitangani. Foto's verskaf.
Ses van Hoërskool Louis Trichardt se atlete het vanaf 3 tot 6 April gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe wat in die Paarl, Weskaap, plaasgevind het en hulle goed van hulle taak gekwyt.
Chrizette Odendaal was algeheel 13de in die 90 m vir meisies o.15, terwyl Wynand Benade negende geëindig het in die spiesgooi vir seuns o.15 en 14de in die hoogspring vir seuns in dieselfde ouderdomsgroep.
Kailey Botes het ‘n algehele 11de plek in die 90 m hekkies vir meisies o.16 behaal, terwyl Andrea Badenhorst ‘n agste plek ingepalm het in die spiesgooi vir meisies o.16 en 15de plek in die gewigstoot in dieselfde ouderdomsgroep.
In die seuns o.17-afdeling was Unarine Netshitangani algeheel 22ste in die 100 m, terwyl Thabang Masalesa ‘n algehele ‘n 12de plek ingepalm het in die 110 m hekkies vir seuns o.19.
Sport - Date: 11 April 2024