ADVERTISEMENT:

 

Die Killers-span is die nuwe T10-kampioene, nadat hulle Sondag met 13-lopies oor die Vikings geseëvier het in die eindstryd. Foto verskaf.

Killers net te sterk vir Vikings in finaal van T10-liga

 

Sport  Date: 28 June 2024

 

Die dorp het geen tekort aan krieket die afgelope naweek gehad nie, met beide die halfeindstryde en eindstryd van die Louis Trichardt Krieketklub se T10-liga wat Sondag beslis is.

In die eerste halfeindstryd van die dag het die Strikers teen die Killers te staan gekom. Die Strikers se kolwers het eerste ingegaan om te kolf, maar hulle het harde bene gekou teen die Killers se boulaanval. Slegs twee kolwers kon daarin slaag om in hulle toegelate 10 beurte dubbelsyfers aan te teken, naamlik Jeremy Rademeyer met 15 lopies vanaf 12 balle en Juan-Michael Phillips, met 12 lopies vanaf 11 balle. Die Strikers het behoorlik hulle pad oopgeveg vir ‘n finale telling van 61 lopies vir die verlies van vyf (61/5) paaltjies in hulle kolfbeurt. Vir die Killers het bouler Lukas Visser twee paaltjies vir die verlies van 10 lopies in sy twee beurte (2/20/2) geneem, terwyl spanmaats Craig Viljoen, Zander Vollgraaff en Paulo Piorek elk een paaltjie laat kantel het.

Vroeg in die Strikers se boulbeurt het duidelik geblyk dat hulle kolwers te min lopies op die telbord geplaas het om te verdedig. AC Geldenhuys met 10 lopies was die enigste kolwer om sy paaltjie te verloor, met Lukas Visser (28 nie uit nie) en Craig Viljoen (21 nie uit nie) wat die wenlopies van 64/1 in 6.4 beurte aangeteken het om die Killers ‘n nege-paaltjie oorwinning te besorg.  Brendan Bouwer het Geldenhuys se paaltjie gevat.

In die tweede halfeindstryd van die dag het die Vikings te staan gekom teen RCI.

Die Vikings het ingegaan om eerste te kolf, met aanvangskolwer Leon Olwage wat ‘n goeie fondasie van 60 lopies vanaf 36 balle gelê het in ‘n kolfbeurt wat sewe viere en drie sesse gesien het. Die enigste ander Vikings-kolwer wat met dubbelsyfers kon spog was Gys Guillaume met 18 lopies. Die Vikings kon 98/3 in hulle 10 beurte aanteken. Vir RCI het boulers Vimal Shah, Rana Ahmed en Sandip Patel elk een paaltjie ingeoes   

RCI het heldhaftig die teiken gejaag, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Nimesh Watekar (18), Saad Zubair (11), Jabir Abhuji (17) en Sandip Patel (10), met ‘n finale telling van 81/6 ná 10 beurte wat aan die Vikings ‘n 17-lopie oorwinning besorg het. Vir die Vikings het bouler Waldo van Deemter 2/13/2 geneem, met Morné Olwage, Gys Guillaume, AJ Fourie en JP van Niekerk wat elk een paaltjie laat kantel het.

In die eindstryd Sondagmiddag het die Killers en Vikings dus mekaar die stryd aangesê. Die Killers het eerste gaan kolf en 76/3 aangeteken in hulle 10 beurte, danksy kolwers Lukas Visser (28), Zander Vollgraaff (13 nie uit nie) en Julius Kemp (15 nie uit nie) wat dubbelsyfers behaal het. Vir die Vikings het boulers JP van Niekerk, Waldo van Deemter en Gys Guillaume elk een paaltjie laat kantel.

Met ‘n teiken van 76 het die Vikings definitief gedink hulle sou die pyp rook, maar met die val van aanvangskolwer Leon Olwage se paaltjie vir ‘n redelik goedkoop 10 lopies het die Vikings se kolfbeurt redelik inmekaar getuimel. Slegs Gerhardus Fourie kon ook dubbelsyfers aanteken, met die span wat slegs 63/8 op die telbord kon plaas in hulle 10 beurte, wat aan die Killers ‘n 13-lopie oorwinning gegee het. Vir die Killers het boulers Zander Vollgraaff 3/9/2, AC Geldenhuys 2/3/1 en Craig Viljoen 2/7/2 geneem, met Lukas Visser wat een paaltjie kon vat.

Wat die T10-liga se beste kolwer betref, gaan dié titel aan Leon Olwage met 160 lopies. AC Geldenhuys was kort op sy hake met 159 lopies. Die liga se beste bouler was Lukas Visser met 12 paaltjies.

 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Get in shape for summer by supporting Isability’s PTY-Fit-To-Fly

Sport: 28 September 2024

Local sports club Isability is inviting community members to attend the PTY-Fit-to-Fly event, which will be held at Louis Trichardt High School’s Leeupark on Saturday, 5 October. “Fit-to-fly” is the name of one of Isability’s outreach projects, providing assistive devices to children with mobility impairments in Vhembe. The term “Fit-to-fly” was also aptly chosen as the brand name for the event, which aims to celebrate and promote a healthy, active lifestyle and our unique, God-given abilities.

New leaders for Thulamela LFA

Sport: 28 September 2024 By Frank Mavhungu

The Thulamela Local Football Association (LFA) is no longer under administration. New leaders were elected during the association’s elective congress, held at the Thohoyandou Indoor Sports Centre last Saturday. The association was placed under administration in December last year, following several months of internal leadership disputes.

Will Callies manage to stop Black Leopards?

Sport: 27 September 2024 By Frank Mavhungu

After defeating Orbit College FC 1-0 in their Motsepe Foundation Championship League match at Olympia Park Stadium outside Rustenburg last Sunday, Black Leopards are now determined to collect more points when they meet Pretoria Callies at Thohoyandou Stadium on Saturday afternoon.

 

ADVERTISEMENT: