ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

31ste Hanglip 54 het reeds vandag afgeslaan

Sport - Date: 04 July 2024

 

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 4 tot 6 Julie vir die 31ste keer deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichardt aangebied.

Vanjaar se kompetisie sal weer ’n vol veld van 128 spelers lok, met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Vanjaar is 76 spelers besoekers met die nou-reeds-bekende “Klerksdorp groep” wat 32 spelers daarvan opmaak. Die res van die veld is plaaslike spelers. Baie druk rus op die plaaslike spelers, aangesien hulle lanklaas die gesogte Hanglip 54-trofee omhoog kon lig. Verlede jaar het oud-klublid Rampie Gilfillan as besoeker die trofee gewen. Hy sal vanjaar sy titel kom verdedig.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag lewer dus twee wenners op. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Anders as vorige jare borg spesifieke instansies nie die drie dae se spel nie, maar ‘n kombinasie van borge. Hierdie borge sluit in Northgate Lodge, PJ Timbers, Oasis Water, Grainfield Chickens, Soutpansberg Koelkamers, Limpopo Toerisme, NTT Isuzu, Spar en The Pro Shop Woodmead.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: