ADVERTISEMENT:

 

 

Dit sous behoorlik!

- Date: 26 February 2018

Written by:  / Viewed: 19972

Please be patient while the video is loading.

Dit sous behoorlik in die Soutpansberg en teen Woensdagmiddag het inwoners gesukkel om hul reënmeters leeg te hou te midde van die gietende reën.

Vanoor die hele streek is berig ontvang van uitsonderlike goeie reënvalsyfers, in so ‘n mate dat ‘n paar inwoners gesê het hulle voel skuldig dat ‘n bietjie van die reën nie ook in die Kaap sal val nie. “Hulle reën kom,” het plaaslike leraar ds. Etienne van Staden vol hoop opgemerk.

Die sosiale media het deurlopend gegons oor die reën. So skryf Jan Wilkins op die Zoutpansberger se Facebook-blad dat hy Dinsdag 60 mm by sy huis in Joubertstraat gemeet het en Woensdagoggend weer 75 mm uitgegooi het. Helena van den Heever skryf op haar beurt dat sy Dinsdag tot Woensdagoggend reeds 94 mm uit haar reënmeter gegooi het. In die ooreenstemmende tyd, sê Josie de Lange, het sy al 83 mm al by haar huis gemeet.

Lees die volle berig hier.

 
 

by:

ADVERTISEMENT

 

ADVERTISEMENT