Rolbal aand-liga

From: 22 February 2024

Location: Louis Trichardt rolbalklub

Details:

Die Louis Trichardt Rolbalklub bied binnekort weer hulle gewilde aandliga aan, met die eerste wedstryd wat op Donderdag, 8 Februarie, beslis sal word. Die volgende twee wedstryde sal op 22 Februarie en 18 en 7 Maart gespeel word. Slegs 14 spanne kan inskryf.
Die hoofdoel van die liga is nie net om rolbal as sportsoort onder oud en jonk te bevorder nie, maar ook om broodnodige fondse vir die klub in te samel. Die fokus van die aande is vir spelers om dit te geniet en enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. Wedstryde begin elke Donderdagaand om 17:30 weens moontlike beurtkrag. Aan die einde van die reeks word die wenner bepaal. Dekking sal deurlopend in die koerant verskaf word oor die vordering van die liga.
Inskrywing beloop R1 000 per span van vier nie-rolbalspelers, wat baanfooie insluit. Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is geen ander dragkode van toepassing nie. Rolbalballe sal voorsien word en dit staan spanne vry om hemde te dra met logo’s of die span se naam. Ná elke ronde wedstryde sal braaipakkies te koop wees, met pap en sous wat deur die klub voorsien sal word.
Vir meer inligting skakel NJ Oosthuizen (079 677 7310) of Marietjie Barkhuizen (082 326 7686

 

Contact Person: Marietjie Barkhuizen

Tel: 082 326 7686

Upcoming events

Past. Dippenaar bedien by AGS
Where: AGS Louis Trichardt
Start: 08 Sep  (09:00 AM)
Zoutpansberg Rugby Clinic
Where: Louis Trichardt Rugby Club
Start: 13 Sep
End:  14 Sep
Day to celebrate children beating cancer
Where: Madi A Thavha Mountain Lodge
Start: 20 Sep  (09:30 AM)
CMR Gholfdag
Where: Soutpansberg Gholfklub
Start: 21 Sep  (09:00 AM)
Braaidag by Lalapanzi
Where: Lalapanzi Hotel
Start: 24 Sep
AP Kerk Dankfees
Start: 28 Sep
Hengelkompetisie
Where: Schrodadam
Start: 28 Sep  (05:00 AM)