NG Boerekarnaval

From: 01 June 2024

Location: NG Kerk Soutpansberg

Details:

Inwoners word uitgenooi om eerskomende Saterdag, 1 Junie, vanaf 08:00 die NG Kerk Soutpansberg se “Boerekarnaval” te kom ondersteun.
Vanjaar se kuier beloof ekstra pret en plesier vir oud en jonk, met die aktiwiteite wat vanjaar ook ‘n bergfietswedren en draf/stap gaan insluit ter fondsinsameling. 
Die renjaers en atlete sal by die kerk wegspring en eindig. Deelname aan die draf/stap kos R20 vir die 4 km en R40 vir die 8 km. Deelname aan die bergfietswedren kos R20 vir die 10 km en R40 vir die 20 km. Registrasie vind plaas vanaf 06:00 op 1 Junie of die vorige aand vanaf 17:00. Die jongspan moet hulle skopfietse en “balance bikes” ook saam bring. Daar sal ook ‘n toutrekkompetisie wees! 
Vir die hongeres sal weer ‘n feesmaal van lekker eetgoed te koop wees, asook ‘n lekker ontbyt. Daar sal die Vrydagaand (31 Mei) ook lekker hoender- of beeshamburger vanaf 17:00 te koop wees teen R45 elk by die kerksaal. Bestelling kan geplaas word by Hermari by tel. 061 471 1526.
Bui­ten vir die stalletjies wat weer ‘n koek-, groen­te- en vleistafel sal insluit, sal heelwat vermaak vir die jongspan ook beskikbaar wees om hulle besig te hou terwyl ma en pa bietjie inkopies doen. Lede van die publiek kan ook ‘n uitstal­­ruim­te bespreek teen R100 elk, solank hulle nie dieselfde kos- en drinkgoed verkoop wat reeds deur die gemeente verskaf word nie. Vir meer inligting kan Hermari ook geskakel word by bogenoemde nommer

 

Upcoming events

SPCA Farmer’s Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 27 Jul  (09:00 AM)
End:  27 Jul  (14:00 PM)
Soutpansberg Airshow and Fly-in
Where: Louis Trichardt municipal airfield
Start: 02 Aug
End:  03 Aug
Platjan 4x4-gesinsdag
Start: 10 Aug  (09:00 AM)
Meneer en Mejuffrou Triegie
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 15 Aug  (18:00 PM)
Mathys Roets kom kuier
Start: 17 Aug
Esther Ella Women’s Event at Agapé
Where: Agapé Christian Centre
Start: 24 Aug
NG Soutpansberg Kontrei-ete
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 30 Aug