Stad op die Berg Jagpakketkompetisie

From: 14 June 2024

Until: 14 June 2024 at 12:00 PM

Location: NG Kerk Stad op die Berg, Louis Trichardt

Details:

Die NG Kerk Stad op die Berg bied tans ‘n unieke biltongjagkompetisie aan, met groot pryse te wen.
‘n Jagpakket vir die jag van drie blouwildebeeskoeie, drie rooibok- of blesbokooie en drie vlakvarke, plus ‘n addisionele drie slagskape, is op die spel teen R100 per kaartjie. Die prys sluit in alle verwerking van die vleis en aflewering in Gauteng of 300km radius. Ook ingesluit in die prys is selfsorg-akkommodasie vir drie jagters vir drie nagte op ‘n jagplaas van 3,000 ha met ‘n opsie vir geweer- of boogjag.
Familie en vriende kan ook tot ‘n maksimum van tien persone geakkommodeer word, maar teen eie koste van R550 per persoon per nag. Die pakket is by die Nasionale Lotery Kommissie geregistreer en moet tydens die 2024 winterskoolvakansie opgeëis word.
Vir meer inligting, skakel Koos Steyn by tel. 084 616 2958. Die jagplaas is geleë tussen Thabazimbi en Dwaalboom en die trekking van die wenner vind op 14 Junie plaas.

Contact Person: Koos Steyn

Tel: 084 616 2958

Upcoming events

SPCA Farmer’s Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 27 Jul  (09:00 AM)
End:  27 Jul  (14:00 PM)
Soutpansberg Airshow and Fly-in
Where: Louis Trichardt municipal airfield
Start: 02 Aug
End:  03 Aug
Platjan 4x4-gesinsdag
Start: 10 Aug  (09:00 AM)
Meneer en Mejuffrou Triegie
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 15 Aug  (18:00 PM)
Mathys Roets kom kuier
Start: 17 Aug
Esther Ella Women’s Event at Agapé
Where: Agapé Christian Centre
Start: 24 Aug
NG Soutpansberg Kontrei-ete
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 30 Aug