ADVERTISEMENT:

 

Chrizette Odnedaal in aksie in die 90 m hekkies vir meisies o.15, een van vier items wat sy gewen het by Hoërskool Piet Potgieter. Foto verskaf.

28 eerste plekke vir Triegies in Potties

 

Hoërskool Louis Trichardt het Vrydag, 2 Februarie, aan 'n vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane deelgeneem. In totaal het die Triegies 28 eerste plekke ingepalm.

Triegies se toppresteerder met meer as een eerste plek was Chrizette Odendaal wat eerste plekke behaal het in die 200 m, 90 m hekkies, 300 m hekkies en verspring vir meisies o.15.

In die afdeling vir die meisies o.14 het Cara Bruce eerste plekke ingepalm vir die 200 m, 90 m hekkies en 300 m hekkies, terwyl Ahmed Samie eerste plekke verwerf het in beide die 100 m en 200 m vir seuns o.16.

Tshepo Legodi het gesorg vir eerste plekke in die 100 m en 200 m vir seuns o.19, terwyl Thabang Masalesa twee eerste plekke losgespring in die hoogspring en driesprong vir seuns o.19. Andrea Badenhorst het op haar beurt eerste plekke in die spiesgooi en gewigstoot vir meisies o.16 behaal.

 

Sport - Date: 08 February 2024

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

Email:

ADVERTISEMENT: