ADVERTISEMENT:

 

Kailey Botes was eerste in die 100m hekkies vir meisies o.16. Foto verskaf.

Twaalf eerste plekke vir Triegie-atlete

 

Met 12 eerste plekke op hulle kerfstok tydens verlede Vrydag se atletiekbyeenkoms by Hoërskool Merensky kan Hoërskool Louis Trichardt se atlete behoorlik trots wees op hulself.

Triegie-atleet Ahmed Samie kon spog met drie eerste plekke op die dag in die 100m, 200m en 110m hekkies vir seuns o.16, met spanmaat Thabang Masalesa wat twee eerste plekke ingepalm het vir onderskeidelik die driesprong en 110m hekkies vir seuns o.19.

Atlete wat elk met een eerste plek kon spog, was Unarine Netshitangani (eerste 200m seuns o.17), Kailey Botes (eerste 100m hekkies meisies o.16), Chrizette Odendaal (eerste 300m hekkies meisies o.15),  Mafunwa Maliavusa (eerste hoogspring meisies o.16) en Mijanke Venter (eerste diskus meisies o.16). Ook Triegies se seuns o.16- en o.17-aflosspanne het hulle wedlope gewen.

 

Sport - Date: 15 February 2024

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

Email:

ADVERTISEMENT: