ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto: Karla van Zyl.

Dorp geniet Saterdag tuisveld-voordeel teen Noordelikes

Sport - Date: 21 June 2024

 

Die Louis Trichardt Rugbyklub sal eerskomende Saterdag, 22 Junie, weer gasheer speel vir die volgende ronde provinsiale ligawedstryde, met die dorp se spanne wat tuisveld-voordeel sal geniet teen Noordelikes Rugbyklub van Polokwane.

Louis Trichardt se derdes sal om 15:00 op die veld draf teen Noordelikes 3, gevolg deur die twee klubs se tweedespanne se wedstryd wat om 16:30 sal begin. Die hoofwedstryd die dag tussen Louis Trichardt 1 en Noordelikes 1 sal om 18:00 afskop.

Soos gewoonlik word die streek se rugby-ondersteuners uitgenooi om hul steun te kom wys. Toegang by die hek beloop R40 per voertuig en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees om die ergste winterkoue hok te slaan.

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: