ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

Sterk winde dwing duiwe op korter wedvlugte

Sport - Date: 29 August 2024

 

Met sterk winde van 25 km/h tot 40 km/h wat voorspel word oor dele van onder meer Noordwes en die Noord Kaap, het die resiesduif-federasie in die Noord Streek besluit om vir die duiwe se veiligheid die wedvlugte vanaf Bloemhof oor sowat 670 km te vervang met twee korter opewedvlugte vanaf Klerksdorp oor sowat 538 km.

In die 13A-opewedvlug is 52 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug word gewen deur Marx Hokke van die Soutpansberg Posduifklub (Spb), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ’n gemiddelde spoed van 1,155.94 meter per minuut. Hulle was ook 15de. RWJ & Mike Coetzee van die Hangklip Posduifklub (Hlp) was 2de, 4de, 5de, 8ste en 18de, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 3de en 17de, Pienaar Hokke (Hlp) 6de, 7de, 16de en 19de, Louis Gossmann (Spb) 9de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 10de, 11de, 12de, 13de en 20ste en Frikkie du Plooy (Letaba) 14de.

In die 13B-opewedvlug is 54 duiwe losgelaat. Ook dié wedvlug word gewen deur Marx Hokke, nadat hul wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1,189.17 meter per minuut. Hulle was 3de, 10de en 12de. Die res van die eerste 20 posisies het gegaan aan Bezuidenhout Hokke 2de, 4de, 5de, 9de, 15de en 16de, Mieke & Mike 6de en 13de, RWJ & Mike 7de, 14de en 18de en Pienaar Hokke 8ste, 11de, 17de, 19de en 20ste.  

Eerskomende naweek is die beplande wedvlug vanaf Warrenton. Die weersomstandighede word tans fyn dopgehou aangesien ‘n sterk noordewind nog steeds waai oor die Noord-Kaap gedeelte. Die afstand van die Warrenton wedvlug is 770 km.

Wat die provinsiale punteleer betref, loop Mieke & Mike tans voor met  2,619 punte, met RWJ & Mike tweede met 2,611 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 2,557 punte. In die streek se jaaroud-kampioenskap loop RWJ & Mike voor met 1,086 punte, met Mieke & Mike tweede met 1,065 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 1,006 punte. In die streek se ope-kampioenskap is Mieke & Mike ook eerste met 1,554 punte, gevolg deur Bezuidenhout Hokke in die tweede plek met 1,551 punte en RWJ & Mike derde met 1,525 punte.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: