ADVERTISEMENT:

 

Foto uit die argief.

Halfeindstryd eerskomende Saterdag beloof 'n fees van rugby

Sport - Date: 30 August 2024

 

’n Fees van rugby is op die spyskaart met die halfeindstryd van die provinsiale rugbyliga wat eerskomende Saterdag, 31 Augustus, by die Louis Trichardt Rugbyklub beslis sal word.

Louis Trichardt se eerste en tweede rugbyspanne het vir hulself tuisveldvoordeel in die halfeindstryd verseker deur nie een wedstryd die afgelope seisoen te verloor nie. Alhoewel die dorp se derdes wel ’n keer die onderspit moes delf, sal hulle ook Saterdag die voordeel van hulle tuisveld geniet.

Weens die aantal halfeindstryde wat die naweek beslis moet word, sal die eerste reeks wedstryde reeds Vrydagmiddag afskop, alhoewel hierdie wedstryde by Noordelikes in Polokwane beslis sal word. Om 18:00 draf Noordelikes 3 en Blouberg 3 op die veld, waarna die wedstryd tussen die tweedespanne van Potties en Noordelikes om 19:39 sal afskop.

Saterdag se rugby-opwinding op Louis Trichardt se veld begin om 15:20, met Louis Trichardt 3 en Potties 3 wat mekaar die stryd sal aansê. Hierdie wedstryd word gevolg deur Louis Trichardt en Musina se tweedes wat om 16:45 op die veld sal draf, waarna Potties 1 en Letaba 1 om 18:15 teen mekaar te staan sal kom. Die hoofwedstryd van die dag tussen Louis Trichardt en Noordelikes se eerstespanne sal om 20:30 afskop.

Toeskouers is welkom en toegang beloop R40 per voertuig by die ingang. ’n Kontantkroeg en versnaperinge sal beskikbaar wees.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: