ADVERTISEMENT:

 

Dikwels word spottenderwys na die McDonald's-bok verwys, maar dat rooibokke se merke by die boude lyk soos die McDonald's handelsmerk is maar heel toevallig .

Nee, McDonald’s gebruik nie rooibokke om hul handelsnaam te bemark nie!

 

Die internasionale kitskos restaurantgroep, McDonald’s, gebruik nie rooibokke om hul handelsnaam in plekke soos die Kruger Nasionale Wildtuin te bemark nie. Inteendeel, die groep is baie ernstig oor die beskerming van ons planeet en wil hê gemeenskappe moet hande vat en help om ons kosbare natuurerfenis te bewaar.

Die verwysing na ‘n “McDonald’s-bok” is algemeen in Suid-Afrika en is natuurlik ‘n grappige verwysing na rooibokke, wat strepe op hul boude het wat ooreenstem met McDonald’s se bekende handelsmerk - wat egter heeltemal toevallig is, sê ‘n woordvoerder vir die groep.

Die eerste McDonald’s restaurant is reeds in 1940 deur die broers Maurice en Richard McDonald in San Bernardino in Kalifornië in die VSA geopen. Dat hulle rooibokke, wat in Afrika voorkom, sou gebruik het as voorbeeld is uiters onwaarskynlik. Maar McDonald’s gee nie om dat hul handelsnaam verbind word met die natuur nie. Die klem moet egter val op hoe diere, soos rooibokke, beskerm word, tesame met sovele ander dier- en plantspesies.

“Ons planeet is tans by ‘n kritieke punt, waar al ons insette nodig is om dit te bewaar. Dit beteken ook dat ons hande moet vat met rolspelers, wat ons konsessiehouers, ons verskaffers en ons klante insluit, om ‘groen’ oplossings te vind,” sê McDonald’s se woordvoerder.

McDonald’s is daarop gefokus om skadelike uitlaatgasse in hul restaurante verder te verminder en is in gesprek met hul verskaffers om toe te sien dat ‘n soortgelyke verbintenis bestaan. Dit behels dat McDonald’s hul invloed sover moontlik wil gebruik om te verseker dat almal in die verskaffingsnetwerk saamwerk vir ‘n groener wêreld.

“Ons werk saam met ons konsessiehouers, ons verskaffers en vervaardigers om verandering te bewerkstellig. Saam kan ons ‘n beter toekoms bou,” sê McDonald’s op hul webtuiste.

Lees gerus meer oor McDonald’s se pogings om ons planeet te beskerm by https://togethermzansi.mcdonalds.co.za/.

 

Advertorials - Date: 27 March 2023

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: