ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

Wedvlugte vanaf Rustenburg sorg weer vir vinnige tye

Sport - Date: 27 June 2024

 

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het Saterdag vir ‘n tweede agtereenvolgende naweek vanaf Rustenburg gevlieg. Die wind het lig uit ‘n suid-westelike rigting gewaai, wat weereens die duiwe ‘n hupstoot huis toe gegee het.

In die jaaroudwedvlug is 108 duiwe vrygelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,404.31 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 4de, 8ste, 9de, 10de, 11de en 14de. RWJ & Mike Coetzee (Hlp) was 2de, 5de, 7de, 12de en 13de, Pienaar Hokke (Hlp) 6de en 15de en Louis Gossmann (Spb) 16de, 17de, 18de, 19de en 20ste.

In die opewedvlug is 110 duiwe vrygelaat, maar weereens word net die eerste 20 plekke genoem. Die wedvlug is gewen deur Bezuidenhout Hokke (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,430.73 meter per minuut. Hulle was ook 11de en 12de. Mieke & Mike Coetzee was 2de, 8ste, 9de, 17de, 18de en 19de, Marx Hokke (Spb) 3de, 4de, 5de, 6de, 7de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 10de en 20ste, Louis Gossmann 13de en 14de en TE Smit 15de.

Wat die provinsiale puntestand van die klublede betref, loop RWJ & Mike Coetzee voor in die jaaroudkampioenskap met 398 punte. Mieke en Mike Coetzee is tweede met 387 punte en Louis Gossmann derde met 360 punte. In die opekampioenskap is Bezuidenhout Hokke die voorloper met 398 punte. Marx Hokke is tweede met 392 punte en Mieke & Mike derde met 388 punte. Wat die streekkampioenskappe betref loop Mieke & Mike voor met 775 punte, RWJ & Mike is in die tweede plek met 769 punte en Marx Hokke derde met 745 punte.

Eerskomende naweek sal die twee klubs se duiwe wedywer vanaf Coligny.

 

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: